gans
uit dieptes van verlede
kom liedjies lankal vergeet
oor koring gerwe en stroompies
waar water onderdeur bruggies spoel
om nooit weer terug te keer nie
gedagtes gans versonke
onder herinneringe van mooi
en dikwels ook traumatiese verlede
van bloed bevlekte gebeure uit oorloë
bedek onder lae politieke retoriek
om alles te kan herroep
onder ganse uitspansel van geheue
van dikwels verre lande en duister verlede
bring meestal net hernude pyn en lyding mee
verberg dus eerder die ganse verlede
van agter die ganse-gordyn
klink slegs die neurie-lied van samesyn
van makker lank reeds begrawe onder sandwoestyn
van hierdie kortstondige leeftyd, kleintyd en eindtyd
gans die heelal skreeu ten hemele in vredesstryd
© Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.