Roggel-roep nostalgie
Gedagtes dwaal
daar waar jy in my
slote vorm
waar my denke draal
die sleepvoet steier
van emosies
jou saamtrek
na die afgrond
van my siele dood;
waar jy drentel
en voet vashaak val
in my elke dag se onthou –
nooit vergeet
vir altyd weet –
jy is die roggel-roep
van my oorleef
die mond-tot-mond
lewe gee
as my liggaam
siel en hart;
stop
so tree vir tree
waar jy hand omkeer
verander
soos die seesand
soos ’n brander
as ek regop sit
na ’n hartstilstand
toe ek na alles
ons nostalgie verpand.
2 Kommentare
-
Manna
Intense emosies agter die woorde.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
neels
Hou baie van hierdie een