Jongste aktiwiteit:

Paternoster somer son

As die Kaap se fraaie winde waai en spikkels kleure saai
visserskuite in die baai tussen meeue sang afgelaai
blou-grys die patroon op skoon sand met ligroom
soos op die horison vertoon in stilte die wind bekoor

As daar vêr agter golwe biddend lê om saggies iets te sê
skuim teen blou water opwel, die note optel en stories wyd vertel
breek vry op die oewer van die blou lug wat sug en dan in skadus vlug
rourand van rots so trots weglê as die golwe daarteen plots

Groen en blou verhaal as die diepte van die see vertaal
vertoon helder in kleur beloon as die somer hier kom woon
Paternoster somerfleur, son in rooi verkleur in sag oranje skeur
as ek jou hartsang oor en oor hoor en alle tyd daarin verloor.




Ek floreer op n vlak waar woorde en emosie ontmoet, hande vat en net daar en dan die Tango dans. Die lewe gooi soms skerp draaie met n mens, maar as jy aanhou dans skuif dit die fokus op die geskenke wat die lewe bring, nie die wonde nie. Skryf is my passie, daarom is ek hier.

6 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed