Lampe En Kerslig
Lampe En Kerslig
Vanaand is die ligte so onnodig
helder en skerp met geen lamppit
om die vlam af te draai of ‘n oogvriendelike
sagte en beskeie kersliggie in sig nie —–
Ek verlang na die ou karaktervolle
pragtige paraffienlampe met hul
sierlike lampskerms wat ‘n ontspanne,
vriendelike en huislike atmosfeer van
hul eie kon skep en selfs die gaslampe
kon jy dowwer stel en met die windbestande
stoere ou lantern kon jy buite gaan rondstap
want batterye het nie lank gehou nie en
die dorp is myle ver weg—–
Die vervloë rustieke lewe had ‘n skone
bekoring van sy eie waaroor ‘n mens
in hierdie moderne en gerieflike lewe
nostalgies en vol heimwee raak—-
Janetta – Helena [Babs] ©
4 Kommentare
-
Amaspoke
Nou maak jy sommer die verlange in my ook wakker!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Viooltjie
Ja, dit is baie waar. Soms moet ons maar self die helder ligte afskakel en die kerse en lampe laat brand :-)