Amper te laat
Ek wens ek kon vir jou
net mooi woorde skryf
om hierdie emosies
uit my lyf uit te dryf.
Ek sal nooit kan vergeet,
het lankal reeds vergewe.
Dit moet ons mos doen
S-E-W-E-N-T-I-G maal sewe.
Toe jy reeds verteer was
deur kanker en deur smart
het ek geweet:
om die dood kan ek jou nie haat!
In die koue winter van jou lewe
het ons mekaar gevind.
Ons het mekaar leer ken
soos ‘n pa en sy kind.
4 Kommentare
-
Ch Nel Venter
Pragtig!
-
Kiekies
Sjoe, 'n pragtige gedig wat diep in die leser se hart roer.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Viooltjie
Dis baie hartseer, maar om mekaar te vind maak alles net soveel beter, al was dit laat :-)