Jongste aktiwiteit:

Namibië

Namibië

Die dorre Namib
was my adamsrib
die naelstring wat my bind
oral waar ek my bevind—
Gebore en getoë in die verre suide
in Namaland was my tuiste en
het op Warmbad skoolgegaan
langs die droë Homrivier se gaan—–
Ek ken sy droogtes en dondernuk bui
skroeiende sonbrand op vel rooibruin,
en ek ken sy harde juk van swaarkry
van vasbyt en nie onderkry—–
Ek ken sy aanrollende stofstorm
soos ‘n bruin wolkkolom aanstorm
en ek ken sy sagte milde hand van seën
na elke bui van dartelende reën—–
Namibië was my tere moeder geen
ander, aan haar bors gesoog en gespeen…
Uitgestrekte duine golf waterloos
maar in einderarms omvou nie vaderloos
daarom sal ek nooit ‘n weeskind
of weggooilam wees, ek is sy kind—-
My kinderspore huppel onder kameeldoringbome
en kliprantjies se kokerbome,
tussen groengras en veldblommetjies heen
en sporrieopslag na landsreën se milde seën,
en fyntrap tussen geniepsige duwweltjies
met ongeduldige kinder-kaalvoetjies,en
in droogtes tussen droë polle twagras
stomp gevreet en stofgetrap bedags
met bossieveld die uitkoms nou
waar diere in goeie kondisie nog herkou.—-
My hart is verpand aan ‘n onherbergsame
duinewoestyn, weidse vlaktes en berge onbegane—
Van dit alles is ek getuie en is
vir sy hartseer en vreugde nie blind
want ek is sy eie kind——

Janetta – Helena [Babs] ©




4 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed