
Reënboog sinsnedes
jou goudkwas heuning sinne
eens boepensvol gevul
met reënboog-mooi beloftes
drup in karkas van ‘n wolf
wat skaap se jas wou dra
maaiers vreet hul feesmaal
as die reënboog sinsnedes
mettertyd verrot, verdof
in hul sterk dermkanaal
6 Kommentare
-
-
Kiekies
Skerp soos 'n swaard! Bitterheid uitgespu! Met 'n byl gekap! Wel gedaan!!
-
Amaspoke
Dit lyk of jy iemand oor die vingers wil tik. Pragtige skrywe.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
neels
met hierdie een verras Evelyn my heeltemal. dit wil vir my lyk of jy bietjie eksperimenteer en jy doen goed hoor