Oom Bennie se rooi lorie
Sy koms was amper soos die trein. Almal het al oom Bennie se tyd geken.
Hy het geboer vir Petrus Steyn, daar duskant die vlei.
Roesrooi, om presies te wees. Houtraamwerk vir bagasie.
Vandag ry hy varke, môre strooi, ander dag pampoene.
Maak nie saak die vrag wat hy sou laai nie, sy lorrie was altyd skoon, al maak die ding ‘n groot lawaai.
Vandag staan die lorrie hier onder die kokerboom.
Oom Bennie kon daardie dag nie sy hartaanval wen nie.
So skielik was oom Bennie weg. Niks daarna was ooit weer reg op Petrus Steyn se plaas.
Vandag rus ou oom Bennie sag langs sy lorrie.
© Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.