Jongste aktiwiteit:

Effenkom

Gisteraand wou ek my gees weer lig
by ‘n konsert so vinnig deur baie besig
beloof koor (en my kind gaan sing)
orrel en orkeste,
die vreugde wat musiek kan bring.

Ons stap by die kerkportaal in
minute voordat als begin,
toe’s daar skielik net hier en daar
assistive lights wat duister opklaar!
Ons word met kerslig gelei na ons plek
in die voorste ry van die stampvol kerk.

Die arme organiseerder vee sweet –
hulle het met die munisipaliteit gereël,
maar dis geen waarborg soos ons weet.
Ons wag geduldig meer as ‘n uur
en van die gallery sing die koor
impromptu liedjies van ‘n inheemse kultuur.

Uiteindelik gaan die ligte en die orrel aan
– na ‘n lang dag is almal reeds gedaan.
Maar alles was so ‘n belewenis
al het ons ‘n bietjie slaap gemis!

© Charleine Collins 19 Desember2018

Foto: https://web.facebook.com/NMU.Choir/photos/a.217935898399498/365131937013226/?type=3&theater




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed