
vlekke
donker misbanke hang in die nag
byna geruislose windjie streel my wang
nou en dan verskyn die ligte van sterre
soos wolkies stadig oor uitspansel gly
my hart klop hoorbaar in eie ritme
verstel om soos metronoom
my sekondes af te tik
duister pla my nie
dit is slegs tydelik
tot die Lig weer kom
elke oomblik vasgepen
vir daardie heerlike tyd
wanneer duister vir altyd wyk
ervaar ek soms die nag se donker
stille afwagtende liefde vir wat kom
skuif miswolkies voor die maan
verf lig hul rante met silwer
maak strale van goud
wat op my neer skyn
waar ek veilig sit
en luister na
koorsang
van die
see
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.