Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Kindwees

Deur Woordsmous
Datum gepubliseer: 18 Desember 2018 Aantal woorde: 121 819 Kere gelees 9

‘n Eensaam traan gly stadig
oor die geplooide wang,
veg moedig vir ‘n oomblik
teen swaartekrag se drang,
en stort dan vinnig
sonder weerstand
blinknat straal
tot op die sand.

‘n Hand wat bewend
agternavee om te stop
die stortvloed weer
van hart wat pynklop
diep hier binne, en wat vra
ag hoekom, waarom Heer?
Het ek, wat tog U kind is,
nog so baie om te leer?

Dan kom die antwoord sag, welluidend,
want dis God wat met my praat:
“Onthou jy nie die spykers, dorings, kruis nie?
So is selfs Ek gespoeg, gespot, gesmaad….
en omdat jy my kind is
gekoop, gered, betaal,
sal jy telkens self die pyn voel,
tot Ek jou, my kind, kom haal.

©29/09/2010 Anton Bosch




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 118
Kommentaar telling: 42

Ek is 'n gebore Boerseun uit die ou Wes-Transvaal. Alhoewel ek die afgelope twaalf jaar in Ierland woon is ek steeds in murg en been en bloed 'n Afrikaner. Weens die liefde vir my taal het ek die pen opgeneem en dig hoofsaaklik in my Afrikaans. Ek is maar 'n groentjie in die digwêreld, het nog nooit 'n bundel gepubliseer nie, maar my passie vir Afrikaans sal sorg dat ek die pen nie weer neerlê voor ek my kop in finale rus neerlê nie. So, tot dan smous ek maar met my woorde...

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 170 gaste aanlyn

Bydraes – Argief