Tallulah,… die meisie van harte
Tallulah… die Meisie van Harte
Sy het grootgeword in die agterstraat.
Daar waar die tannies mekaar sagkens laat skinder het.
Haar grootword was buitengewoon. ‘n Verhaal wat van stoep tot stoep vertel is.
Die swartkopnooi kon sing soos ‘n nagtegaal.
Op haar hoë hakskoene en met soet parfuum, het sy menige harte laat stol.
Haar grootste droom was om in eerste klas te leef. Om haar wêreld vir waardering te verruil.
Daardie Sondagoggend, met ‘n geel bus en ‘n kaartjie van R2,50, het sy belowe sy kom nooit weer terug.
Sy het geleef tussen blinkers en vere, soos iemand vir wie die wêreld oopgegaan het.
Maar haar droom was altyd groter as haar wens.
Vir geld het sy gaan trou, om haar familie te onderhou.
Haar kort lewe het geëindig op ‘n vliegtuig, en vandag rus sy in die see.
Haar woorde bly steeds by ons:
“Wat ook al jy doen… moet dit nie opmors nie.”
Al was sy van die agterstraat, het sy elke mens wat sy ontmoet, laat voel soos ‘n stukkie goud.
© Ryno du Plessis
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.