Jongste aktiwiteit:

Oom Tollos van die ligtoring

Oom Tollos van die Ligtoring

Groot groen oë, soos waterpoele.

Die lewe lê geskryf op sy gesig.

Jy kon hom van ver af ruik, ‘n mengsel tussen paraffien en die see.

Met ‘n lamp in die hand, kort op die been, ‘n man op wie jy altyd kon steun.

Van vroegoggend tot bitter laat saans, was ou Tollos op sy pos.

Met die meeue deel hy sy kos.

Die dorp het openlik gespot hy is die burgemeester van die see.

Vir hom was dit die grootste eer.

Sou iemand ‘n las op sy skouers dra, en Tollos dit gewaar, sou hy glimlag en sê:

“Jy dink jou storm is swaar… Kom kyk na dit wat ek elke dag gewaar.

Geen storm is sterker as die see.

God is die mens se toring, maar die mens vaar op skepe met ‘n blinde kaptein.”

Só onthou ek die raakvatwoorde van ‘n wyse man, so klein.

© Ryno du Plessis




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed