Die Geveg
Verbete staar hul na mekaar
Gesigte maskers sonder enige emosie
Die stryd oor wie die beste is
Die credo van die ring
Jare se sweet
Opoffering en oefening
Ontelbare gevegte
Instink ingedwing
Vervat in hierdie oomblik
Oorwinning of ontnugtering
En tog
Net een kan wen
Hy wat die vinnigste kan dink
Sy hande vinniger, sy voete rats
Die oog wat sien…
Nog voor dit kon begin
Een opening een kans
Sekuur in optrede,, reaksie
Uiteindelik…
Die kampioen
© F Jansen van Vuuren
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.