Jongste aktiwiteit:

Najaars Drome

Soos die soele somer sterf
Gaan druiwe na die parskuip
Dae droef en dof
Onvermydelike die seisoens verandering
Geel en roesbruin kleure van die ou jaar
Sagte son wat nog sy laaste strale streel
Al is die koue in die vooraand hier

Agter die berg
Die son terstond verdwyn
Wag winter met sy kou
Sy perd gesaal en toom
Sy erfposie te kom haal

En drink ons uit die beker
Van ‘n bitter najaar
Teug op teug

© F Jansen van Vuuren




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed