Genoegsaam vir my
Weet ek wat mooi is,
genoegsaam en goed
as ek na jou staar?
Roep die donder wéér
in my binneste
want jy bring die reën,
kleinbietjie vir liefste kleinbietjie –
en as jy deur my syfer
weet ek dat jy mooi
en genoegsaam vir my is.
© Eduard Smith
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Okatopi
Pragtig