
‘n Eindelose lied “ Sing jy van blomme”
My ouma het altyd
die mooiste rose
in haar tuin gehad
sy kon ure lank met hulle praat
en elkeen het ‘n naam gehad
Sonskyn was helder geel
hartedief bloedrooi
cherrie pienk
en haar mooiste roos
‘n spierwitte waarmee sy
haar diepste geheime kon deel
‘n Roos is soos die lewe
soet en geurig
maar soms kan die dorings
steek tot diep in die vlees
Hoor jy die lied my kind
die lied wat hulle sing
dit is hier waar ons vrede vind
in die boodskap wat blomme bring
3 Kommentare
-
Okatopi
Pragtig
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Junie FAK projek