Jongste aktiwiteit:

Sing jy van blomme

Nou dat sy gaan
na die stil ongebraakbaarheid
van yl vergetelheid–
lywig van buite;
(met bitter min
wat binne agterbly)
nou wil hy die afstande verwens
waarin hy haar metamorfies
gekelk het na sy somber sin;
net om sy hande
in haar onskuld te was
haar waters van rus
troebel te laat bloei
met jou mara-stroompies
terwyl sy sing van blomme.

Ja, nóú wil hy sy heerlikheid
halfhartig verklaar;
hier, waar geen tabernakel
ooit weer gebou sal staan.

Nou dat sy wil skuil
teen die stilkant van haar trane
nou wil hy vuur spoeg
en reenboë verskeur.

Ja, nou dat sy gaan
wil hy haar uhuru afbaan

© 2017 Caren Kearley
Kopiereg voorbehou




3 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed