Nagboom
Terwyl haar trane
soos herfsblare val
ritsel die nagwind
(sjoe-sjoe-sweep)
deur haar takke
-wieg saggies
(tula-tula)
elke druppel wat val
-ver verby verstaan
v-e-r-g-e-t-e,
hier, onder die
sterre wat
helder skitter
van doer bo.
© 2017 Caren Kearley
Kopiereg voorbehou
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Okatopi
Ek lief hoe jy skryf