Jongste aktiwiteit:

Bettie Haasbek

Bettie Haasbek

“So stel sy haarself gemaklik aan almal voor.”

Sy was kort en rond, met ‘n humorsin so gesond soos haar lag.

Daar naby die stasie, teen die hawedraai, het sy gewoon, skuins van die ligtoring af.

Tant Bettie kon vetkoek bak, met ‘n kerrievulsel van ‘n ander soort.

Só het sy haar brood by die hawemuur verdien.

Mossels inlê was haar kuns. Met elke bottel ‘n effe byt en ‘n briefie:

“Met my eie hande.

Liefde,

Bettie Haasbek.”

Kinders was nie vir haar bestem nie, maar die hele buurt het haar stem geken.

As Tant Bettie praat, bly almal uit die kwaad.

‘n Skewe doek op haar kop, ‘n voorskoot en sloffies was haar kleredrag.

Waar ook al jy haar gewaar, het jy dadelik honger geword, want aan haar het elke dag ‘n reuk van gekook of gebak gekleef.

Sigarette het sy lankal gelos, maar volgens haar wil die soetwyn saans haar nog nie los.

Sonder ‘n tand in die mond, lag sy van oor tot oor.

Sou jy haar “Tant Bessie” noem, skater sy en sê:

“Dis ook die naaste aan ‘n tand wat ek ooit sal kom.”

Sy is seker al so oud soos die dorp, maar buiten artritis in die vingers, bly die ou tannie nog vol skop.

© Ryno du Plessis




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed