Jongste aktiwiteit:

stoor

hoog teen die berg
regs bokant die hartebees huis
het die ou stoor gestaan
sy hoë grasdak kap
het donker rus
vertolk

sy enigste deur
was ‘n swaar soliede blok
van geelhout uit die berge
‘n groot seskantige knop
blink gevryf met hande
swaar yster sleutel

binne die stoor
was daar geheime van ouds
wa wiele en wamaker gereedskap
velle en rieme wat gebrei word
sprokiesland vir plaas seun
groot rotte in die balke

waar is jy nou stoor
vergete en versmelt in die grond
toe gegroei met doring takke
noem-noem en wilde pruim
net bosbok ram onthou
waar hy sy horing slyp

©Teárlach




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed