Liewe Vrou
wanneer die samelewing
’n etiket op jou wil plak
onthou jy is meer werd as edelstene*
want jy vind jou waarde in God
selfs al het die lewe
jou telkens probeer breek
veg jy harder terug
liefste vrou
jy is vrou maar tog ook ma
dis jou gebede
wat jou gesin deur dra
en partykeer is dit die traanwoorde
wat vrylik uit jou diepste wese vloei
want soms voel jy te diep
jy is die kroon van Sy skepping
uniek aanmekaar geweef
en jou skoonheid lê in die mooi
van jou omgeehart
onthou
jy is lieflik
lyflik
v-r-o-u-
©Jessica Venter
08/08/2020
* Spreuke 31:10
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Augustus 2020 – OOP projek