Jongste aktiwiteit:

Vaste voet

# Silwer

Vaste voet

 

 Laat ék vir jou vertel

van die hemel en die hel

en ‘n korpad van “tussen-in”.

 

“Tussen-in” is nie warm óf koud-

dis verslane sout,

en sy godsdiens is “almals’n”.

 

Jy sit op kortpad se draad

met jou maters en praat

en spog oor jou enkelspoor !

 

Maat, die uur sal kom

in jou welvaart vermom

waar God sal braak van jou lou smaak, hoor!

 

Jou woordevloed wek,

maar dis jou dade wat strek

en net die tweespoor van Sy genade is jou voetval vas!

 

Maat, vergeet nou jou spel

Daar ís ‘n hemel en ‘n hel.

en verbrand nou die kortpad tot as!

#Silwer

 




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed