Jongste aktiwiteit:

Kaskar op die plaas

Kaskar op die plaas

 

Uit ‘n ou oliedrom en ‘n trekker se stuurwiel bou ou Jan vir ons ‘n plaaskoets. Kaskar heet hy.

 

Wanneer die dorings my tot stilstand bring, vat Tatta Benjamin die stootwerk oor.

 

Eintlik was hy maar net altyd daar om seker te maak ons almal spring oupa se riem gou vry.

 

Albertus gil gewoonlik: “Ek gaan ry!” Dalk omdat sy kaal voete met die klippies en dorings sou stry.

 

Al bakkel die kaskar se wiele ook hoe, ons almal kry ‘n beurt om te jaag vir die duin se draai.

 

© Ryno du Plessis 2026




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed