My vellies ken die pad
My vellies ken die pad
‘n Lewe lank het ek gestap.
Bult geklim, afdraandes gedraf.
Klippe in my skoen, sole losgetrek.
Die pad het my laat lag, maar ek onthou ook die kere wat ek wit geskrik het.
Hierdie ou pad wil geloop word.
Geen wiel kan die pad van die lewe bestuur nie.
Al maak die lewe soms ‘n wye draai,
kan ons almal maar oor môre net bly raai.
Al klou my vellies nog net aan geloof,
sal ons die pad bly loop wat die Here vir ons beloof.
© Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.