Jongste aktiwiteit:

Vry wees (Verslaaf)

Vry wees (Verslaaf)
Verslaaf, verslaaf, hoe, het ek hier beland?
dis soos ‘n mens, totaal sonder enige verstand
weer het ek my beheer, soos altyd verloor
die duiwel en sy trawante lag vir my, oor en oor

My binneste jubel,’n nuwe hoofstuk
sou ek kon sê, ek is heel en in een stuk
die spoke van gister,almal,in een kas
toegesluit, ver, vir my nie meer ‘n las

Elke een het sy kruis gekry om self te dra
soms op die einde, moet ons selfs om hulp vra
word die kruis te swaar, is ‘n engel daar
een wat reeds gedra het aan al dieselfde swaar

So dank ons die liewe Heer elke mooie dag
vir meer engele, selfs in die donkerste nag
met Sy vergifnis en deurdringende genade
kan ek nou weer voluit leef, dalk vasberade

Maar, ek moet nog leer, om myself lief te kry
in dié proses, deur die genade word ek bevry
nou! met God se liefde, oorvloedig in my hart
Kan ek lief wees vir ander, sonder al die smart!
Dan
My gebed, kinderlik, diep uit my siel:
Liewe, liewe Heer, help dat ek nie weer myself verniel nie!!
Amen
Kopiereg ©wilfred (Willy) Funchal




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed