
eerlikheid
soos elke dag op my duin
sit daar ‘n mens en droom
eerlike gedagtes van altyd
verlede, hede en toekoms
eerlikheid kos mos niks nie
eerlikheid is mos integriteit
eerlikheid is maklike keuse
eerlikheid vorm die karakter
soms maak eerlikheid seer
seer wonde word toegedien
maar tyd genees die wonde
dan bly daar net blydskap
oneerlikheid groei in vratte
duidelik sigbare letsels oral
almal weet naderhand ook
van die oneerlike karakter
voor my strek ‘n eerlike see
lae wolke massas vlieg verby
naby my breek blou branders
mooi eerlikheid van skepping
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.