Nagmaal van die sotte
As als kubertaal praat
en “word” ons nie méér
of die blêrie delete knoppie werk nie méér
sal die vertroude pen nog die storie vertel,
mense help mekaar mos nie mee
die baas wil niks hoor van die sotte
en die sotte nog minder van die baas
los jou drome en werk
werk en hou aan droom
dit is ‘n skrikbeeld ‘n aalgladde abissaal
die stroom waar ons almal soos Fords en Volkswagens
in ‘n meganiese lang ry staan en wag vir ‘n brein
hoe moeilik is dit om ‘n omgewingsvriendelike huis te bou
en selfs die realiteit van wat te vok doen ons nog
met kernkrag?
moedeloos hang ons koppe in die wolke
ons voete vol klagtes
‘n sent is nie ‘n fok waardig
maar almal wil die mylpaal haal
en hy wat die minste het
begeer geluk
en hy wat die meeste het
begeer alles
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.