Liefde bewys
Liefde bewys
Waar kruis uit grou-grys graniet verrys
waar gebroke man aan houtkruis hang
en growwe grond Gods bloed opvang
het God sy liefde aan die mens bewys
Asyn vir Sy pyn word van die hand gewys
met “Dit is volbring” eindig Hy sy foltering
Romein getuig Sy Godheid in verwondering
as God Sy liefde aan sondaar mens bewys.
© Stephan Uys 2018/03/28
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.