Daar wandel ek
In daardie plek
tussen slaap en ontwaak
waar bekommernis
vergete raak
jou verbeelding
nuwe drome maak
kan jy in elke sel voel
hoe die kaalte
oor jou spoel
en betrag jy toe-oë
die hersenskim
van ‘n vormlose poel
hier word alles waar
tussen woordlose tonele
as die onrus bedaar
en alles net is
sonder hoekom of maar.
© Carla Visser
28.03.2018
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.