Jongste aktiwiteit:

jy drom om my… (rus sag – liewe by) SILWER

 

jy drom om my…
(rus sag – liewe by)

die dam groet en die koperplaat wink
ek rinkink – alleen – in adamsgewaad

uit die bloute
(soos ‘n spioen in geel en swart)
kom drom en brom jy met jou swetsende gezoem
en vind rus in my wese –
‘n donderslag van dreigemente kruip al nader

onverwags
(met genadelose harpoen)
anker jy jouself in ondeunde lip
– die boog hang nou s-w-a-a-r soos ‘n oorbodige druiwe tros –
my gedagtes word verorber deur die pyn
en ek sluk aan elke oorblywende woord

blywend was die verrassing groot:
die natuur se botoks het my lip versier
(geseёnd is ek met korte duur)
hierdie flou geveg het ek gewen
(jou lewe het jy vir my neergepen)

© Pierce van Tonder




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed