Jongste aktiwiteit:

Een is ook ‘n heelgetal

Voordat God daaraan kan dink
Om jou vir iemand te leen
Moet jy eers besef dat een
Ook ‘n heelgetal is

Want daar is ‘n sekere tipe vrede
Wat kom saam alleen wees
‘N kuns van menswees
Wat bittermin verstaan

Hoe wil jy ‘n halwe jy
In iemand anders gaan regmaak
Al wat gaan wegraak
Is die dele van jou hart wat jou jy maak

Want ons kan so maklik vergeet
Wie God reeds weet ons is
Sodra ons, ons hart met die leun laat rus
Dat ons saam met iemand MOET wees

Hoe beter ek vir God leer ken
Hoe meer is ek met myself tevrede
En nou het ek ‘n goeie rede
Om te glo 1 + 1 = 3




3 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed