Die Windpomp
Die Windpomp
Ek staan fier en vorstelik
al word ek plaaslik doodgewoon
‘n windpomp genoem maar ek het
genoeg om op te roem want ek is soos
‘n klein staal eiffeltorinkie en my wielkop
en stert die weerhaan van die veld en plaas
en ek dui die windrigting sekuur aan—
Vanaf die vroegste tye sorg ek vir die koelste water
diep onder uit my gorratenk met pype opgesuig
en in ‘n reservoir gestort om julle dors te les—
Ek is ‘n ou werkesel en kry byna geen ruskans
met die wind wat hoog teen my aanwaai en
my wiel draai en draai en gedurig water pomp—
Ek kyk ver heen in ‘n weidse uitsig en sien die
skape en bokkies rustig wei en merk die lam
wat verlore van die trop afdwaal en die ma-ooi
se geblêr en hoe hulle soek en soek in die bossies—
Ek sien die swaar cumuluswolke opsteek die
donder gaan hom wreek op die droogte se greep.
Die diere streep kraaltoe om te skuil teen die blitse
en stormwind se huil as dit klief deur my wielvlerke!
So staan ek alleen in die bres in storm en windstilte
‘n bastion teen die elemente en ‘n romantiese figuur so
alleen op die vlakte en deurleef en oorleef al die seisoene—
Janetta – Helena [Babs] ©
(Silvermere Afrrican Painting)
3 Kommentare
-
Arnold
Wanneer die mens so getrou sy werk wil verrig soos die windpomp sal daar altyd 'n oorvloed wees.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
WOW!!! Hierdie is jou heel beste nog tannie Babs, dit is die mooiste woordskildery!..jou gedig praat diep in my boerehart