Jongste aktiwiteit:

Nuwe dag, nuwe asem, ‘n groot Geskenk.

Soos die son opkom en ons weer geseën word met ‘n nuwe dag,
kan ons dankbaar wees want ons ontvang ‘n groot geskenk.
Ons het weer die kans gekry om saam te speel, en te lag,
God het elke dag ‘n engeltjie nodig,
ons moet mekaar altyd waardeer, dis vir jul ‘n goeie wenk.

Vanmiddag as etenstyd aanbreek,
hoef ons nie ‘n kersliggie aan te steek.
Want die son, God se liggie skyn helder op ons,
probeer dan so effens meer te lag, en minder te frons.
Ja ons is voorwaar geseënd,
met liefde, vriende en familie,
ons besef net nie aldag hoe Sy seëninge oor ons reën.

Wannneer jy vanaand veilig tuis kom,
onthou om dankie te sê.
Want God het jou bewaar op die pad,
Sy hand van beskerming is altyd oor jou,
ja, soveel dinge in die lewe waarvan ons nie hou,
so baie gate lê ins ons pad,
laat ons net vir ‘n slag die goeie raaksien,
en onthou om vandag vir jou naaste te sê:”Ek is lief vir jou.”

©Kopiereg – Timothy De Vos Botha – Alle Regte Voorbehou.




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed