DIE WINKENDE DOOD HFSTK 10
Sylvia is die een wat haar liggaam later ontdek toe die Nigeriër haar stuur om te kyk waar sy bly. Sy storm gillend die kroeg in en moet die Nigeriër haar twee stewige klappe gee om haar tot bedaring te bring sodat sy hom kan vertel wat aan die gang is.
Histeries van skok vertel sy die Nigeriër dat Dalene dood in haar kamer lê. Die Nigeriër storm dadelik na Dalene se kamer toe om te gaan kyk wat aangaan maar besef hy dadelik dat Dalene dood is toe hy haar sien. Vir hom skep n dooie Dalene nou oneindig probleme. Hy kan nie die polisie bel nie want dan het hy groot probleem. Hy besluit om van sy vriende in te roep om die probleem te kom help oplos. Die twee vriende wat hy bel is meer as gewillig om sy probleem op te los, teen n prys natuurlik.
Dit is teen twee uur die oggend wat die twee vriende Dalene se liggaam kom haal en in gietende reën agter op n Mazda bakkie laai. Nadat die Nigeriër hulle betaal het verdwyn hulle net so stil as wat hulle verskyn het, die nagduisternis in om êrens van die liggaam agter op die bakkie ontslae te raak.
Haar naakte liggaam word die middag in n omgeploegde mielieland in n vlak graf deur n boer se werkers ontdek wat dadelik alarm maak en die boer gaan roep. Hy stel dadelik die polisie in kennis wat vinnig op die toneel is. Die polisiefotograaf neem n paar fotos en al die nodige word gedoen voordat die liggaam na die staatslykhuis vervoer word vir n nadoodse ondersoek om die oorsaak van Dalene se dood vas te stel.
Daar is nie n beduidenis van identiteit nie en roep die ondersoekbeamte die pers se hulp in om persverklaring te doen waarin n beroep op die publiek gedoen word om na vore te kom as hulle die meisie op die foto kan identifiseer. Die foto wat verskaf word is deur die polisiekunstenaar bietjie gedokter van een van die fotos van die polisiefotograaf af.
Dit is die volgende middag toe Catherine van die technicon af kom wat sy die voorbladberig en die foto sien. Sy word lam van skok, koop die koerant en gaan na haar woonstel toe om die berig te lees. Sy skakel ook sers. Olivier dadelik wat binne n halfuur by haar is. Sers. Olivier erken die foto ook dadelik en skakel sy die ondersoekbeampte in die saak om hom meer besonderhede te gee en hom te sê wie se liggaam dit is. Die ondersoekbeampte deel haar ook mee dat die lykskouing reeds voltooi is en dat hulle net wag vir die forensiese toetse se uitslae maar dit lyk asof sy dood is aan n oordosis dwelms. Die forensiese toetse sal wel aan die lig bring wat se dwelms is. Die liggaam moet egter positief geidentifiseer word en wil hy weet of Catherine haar sal kan kom uitken. Catherine is heel gewillig daarvoor en spreek sers. Olivier met die ondersoek beampte af om hom vroeg die volgende oggend by die lykshuis te kry sodat Catherine haar kan uitken. Sy kan bekostig om n dag se klas by die technicon te mis.
Gelukkig het sers. Olivier Dalene se ma se nommer en skakel sy haar om haar mee te deel dat haar dogter moontlik oorlede is en dat dit sal waardeer word indien sy ook die liggaam kan kom uitken as haar dogter se liggaam.
Nadat sers. Olivier weg is is dit of die skok Catherine eers werklik tref. Sy is amper histeries toe sy Jaap bel om hom te vertel van wat gebeur het. Jaap vra haar om kalm te bly, hy is oppad. Dit is laataand toe Jaap by haar woonstel kom om haar by te staan.
Dit voel vir Catherine of sy skaars aan die slaap geraak het toe Jaap haar wakker maak om reg te maak vir die dag. Sy is ook net klaar toe sers. Olivier daar is om hulle lykshuis toe te neem om Dalene se liggaam te gaan uitken. Hulle kry die ondersoekbeampte soos afgespreek by die lykhuis saam met Dalene se ma, Ann, wat ook intussen gekom het nadat sy deur die nag gery het. Sy is n gesette vrou en haar gesig toon duidelike tekens van swaarkry in die lewe. Haar hare is spierwit grys en haar bruin oë vertoon moeg.
Nadat hulle aan mekaar bekend gestel is is dit tyd om in te gaan om die liggaam te identifiseer. Die opsigter ontvang hulle en die ondersoekbeampte vra dat hulle na Dalene se liggaam kyk om dit positief te identifiseer.
Alhoewel die lykhuis skoon is voel mens die dood aan. Dit is n aardige reuk wat in die plek hang en neem Catherine Jaap se hand terwyl hulle wag dat die opsigter die liggaam op n trollie instoot. Mens hoop maar altyd maar toe die opsigter die wit laken van die gesig af wegtrek is die skok daar as die oomblik van waarheid aanbreek. Catherine voel of sy wil naar word maar toe die ondersoekbeampte vir haar kyk knik sy net haar kop, los Jaap se hand en vlug uit die vertrek uit. Jaap en Dalene se ma kom n rukkie later uit nadat hulle ook die liggaam positief geidentifiseer het. Dit is Jaap wat Ann woonstel toe nooi sodat hulle haar kan help met die reëlings vir Dalene se begrafnis nadat die liggaam vrygestel is want sy is vreemd in die stad en is dit makliker as hulle haar rondneem.
Dit word n lang vermoeiende dag waarin hulle haar na die begrafnisondernemer toe neem om te reël vir Dalene se begrafnis wat Ann besluit het op haar tuisdorp moet plaasvind. Na al die reëlings neem Jaap haar na die pakhuis toe waar Dalene se goed nog al die tyd gestoor word sodat Ann kan kyk of daar van Dalene se goed is wat sy wil hou. Sy besluit op n paar persoonlike items soos n fotoalbum en n juwelekissie met haar juwele in, verder wil sy niks hê nie. Die pakhuiseienaar word n aardige bedrag aan stoorgeld betaal en word daar gereël met n pandjieswinkel eienaar om alles te koop en te verwyder.
Dit is al aand toe hulle uiteindelik weer by die woonstel kom en koop Jaap sommer vir hulle wegneem etes want hy wil Catherine nie nog belas met n kosmakery nie.
Die aand vertel hulle vir Ann alles wat hulle weet van Dalene en hoe sy begin agteruitgaan het in die rukkie wat Catherine langs haar gebly het. Vir Ann is dit n bitter hartseerstorie want Dalene was haar enigste kind. Sy vertel hulle weer hoe baie sy vir Dalene gebid het nadat sy die huis verlaat het om nooit weer terug te keer nie. Al kontak wat sy met Dalene gehad het was n oproep af en toe of n sms dat dit goed gaan met haar.
Ann sluit haar vertelling af met: “Ek dink wat haar geknak het in die lewe was die dag toe sy haar pa met sy sekretaresse in n omhelsing betrap het. Haar pa, ouderling in die kerk, voorste man in sy kantoor was haar held en nou het hy ook voete van klei”.
“Sy het haar pa se ontrou aan my nooit werklik verwerk nie. Sy wou na die voorval ook nooit iets met hom te doen hê nie. Sy het oornag van n sagte pragtige meisie in n gevoellose monster verander tot sy weg is”.
Die nag slaap sy in Catherine se bed terwyl Catherine en Jaap in die sitkamer vir hulle bed op die vloer opmaak. Dit is toe sy veilig teen Jaap vaskruip wat sy die opmerking maak: “Dit kon so anders gewees het vir haar as sy die kans gebruik het om te rehabiliteer en van die duiwelsgoed ontslae te raak. Geen mens sal seker ooit weet watter hel sy deur is vandat sy uit die hospitaal verdwyn het nie. Ek kan nie genoeg dankie sê dat ek betyds op die helpad van dwelms omgedraai het nie”.
Die volgende oggend ry Jaap weer vroeg terug Vaalbos toe en Ann vertek terug na haar tuisdorp toe en is Catherine weer oppad technicon toe. Sy het Ann gevra om haar te laat weet wanneer Dalene se begrafnis want sy sal dit graag wil bywoon.
Deur die dag kry sy n oproep van sers. Olivier af wat net bevestig dat Dalene aan n oordosis estacy oorlede is. Daar gaan nou egter n volskaalse ondersoek gedoen word om te probeer vasstel wie haar daar begrawe het want die vermoede bestaan dat Dalene alreeds die vorige dag oorlede is. Die moontlikheid dat Dalene vermoor is word uitgesluit want die lykskouing toon geen tekens van geweld nie. Die vermoede bestaan dat haar liggaam vir iemand n verleentheid was en dus moes verwyder word. Sy is reeds besig om inligting wat hulle ontvang het op te volg. Daar het die nag n verbygaande motoris die Mazda bakkie langs die pad sien staan en het hy die registrasie nommer onthou. Toe die man die berig in die koerant gelees het het hy die voertuig wat langs die pad gestaan het aan die polisie gerapporteer omdat dit ooreenstem met die plek waar hy die bakkie gesien staan het.
Dalene se begrafnis word vir die Maandag gereël en val Catherine die Saterdagoggend vroeg in die pad huis toe om saam met Jaap die Maandag begrafnis toe te gaan. Dit is vir haar nie n maklike naweek nie want sy noem dit teenoor Anneke dat sy dalk meer kon gedoen het om Dalene van die dwelmpad af te kry. Anneke moet haar n slag hard aanspreek dat sy moet ophou om haarself te verwyt. Dit is tog nie haar skuld dat Dalene uit die hospitaal uit weggeloop het nie en niemand weet waar Dalene die tyd was nie.
Die Maandagoggend toe hulle die dorpie inry kan hulle sien dat dit een van daardie klein plattelandse dorpies is wat tipiese tekens van agteruitgang toon. Baie van die huise is vervalle en die besigheidsentrum het meer toe besighede as wat daar oop is. Hulle kry die kerk maklik want dit is die enigste kerk op die dorpie. Dit is n pragtige sandsteengebou en is daar net n paar motors voor die kerk geparkeer.
Toe hulle die kerk binnekom is die ondernemer in die deur en oorhandig aan elkeen n begrafnisbrief. Catherine en Jaap gaan sit voorlangs want daar is nie veel mense in die kerk nie, seker Ann se vriende.
Die kerkgbou self binne is n pragtige gebou met gerookte glasvensters en n hoë plafon. Die preekstoel is n pragstuk uit donker hout met n pers voorhangsel “God is liefde”.
Die predikant wat reeds op die preekstoel sit is n ouerige man en saam met die orrelspel is dit vir Catherine of sy koue rillings kry.
Op die kop elf uur verskyn die ondermemer in die deur en versoek almal om te staan. Ann, geklee in swart, kom aan die arm van n man die kerk binne saam met twee ander vrouens met mans. Catherine vermoed dat dit familie van Ann is.
Die diens is nie lank nie en het die predikant seker nie veel om te sê nie. Hy verwys net kortliks na die tragiese omstandighede van Dalene se dood en dat dit as n vingerwysing vir baie ander kan dien. Hy hamer n bietjie op die laaste dae en satan wat soos n brullende leeu rondloop om almal wat hy kan te verlei en te verslind. Volgens hom was Dalene een van satan se slagoffers deur dwelms wat haar lewe ge eis het.
Nadat hulle Amzing Grace gesing het beweeg almal uit om agter die lykswa in te val op pad na die begraafplaas toe. Die ou dorpie is maar klein en neem dit nie lank om die begraafplaas te bereik nie. Die draers is seker maar almal vriende en familie van Ann en nadat hulle die donkerhoutkis met die groot krans daarop uit die lykswa gelaai het word daar stadig graf toe beweeg waar die kis op die bande neergesit word.
Die predikant lees n kort stukkie voor en doen n gebed terwyl die kis begin sak.terwyl hy die geloofsbelydenis van sy kerk voorlees. Soos by alle begrafnisse breek die gemoedere met die sak van die kis want dit is die laaste oomblikke wat daar finaal van n geliefde afskeid geneem word. Ook Catherine gaan aan die huil en moet Jaap haar bystaan soos Ann se familie haar bystaan tot alles verby is en hulle na die kerksaal gaan vir ligte verversings voor hulle weer in die pad val.
Ann kan Catherine nie genoeg bedank dat sy gekom het nie en vra haar asseblief om kontak met haar te hou en haar op hoogte te hou van die vordering met die ondersoek.
4 Kommentare
-
Arnold
Wanneer `n mens se lewe in skerwe spat is dit soms so ingewikkeld om dit weer bymekaar te kry.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Ai Neels dit bly maar hartseer, as mens dink dinge kon soveel meer gunstig uitgewerk het as sy net hulp aanvaar het