taan
wanneer sonstrale tanend ondergaan
wolkies in vliese verward versprei
voor vlietende suid-ooster woede
sneeu wit op kaapse berge rus
bokmakierie se roep angstig
en senutergend raak
knieë nie meer
sag wil buig
raak gesigte
baie skaars op
wit strande van
my mooiste baai
raak gedagtes drome
wat telkens terugkeer
na verlede se mooi
al taan die wete
in trane van
vergete
© Tearlach.
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Mei 2026 - OOP projek