Jongste aktiwiteit:

Donker meer

Donker Meer

Deur: Ryno du Plessis

Grou, grys, donker water tussen berg en boom.

Hier voel die lewe verloën.

Net ’n bietjie son —selfs hier en daar dalk ’n blom —alles is weg in die gruis vermom.

Vrees vir môre knaag aan my soos ’n ondier hier by die meer.

Wolwe tjank; my gedagtes dwaal.

Slaap het ook iewers hier verdwaal.

In die donker meer roei ek na nuwe hoop, ruil die maan vir son, grys oral om my vir ’n lewe vol kleure.

Sou ek net weet hoe, sou ek die grys om my helder verf.

©️ Ryno du Plessis 2026




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed