tonnel sig
die wind blaas ‘n tonnel in die nag
dieper in die tonnel flikker daar lig
dit flikker soos vlamme van ‘n vuur
die gedruis van die see weergalm
tot ver tussen die tonnel se mure
dit skep ‘n klank-toneel so onguur
hoe verder ek in die tonnel in gaan
hoe meer verdwaal my gedagtes
in sinnelose beelde waarna ek tuur
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.