Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Taal waarskuwing*

Titel: Somersaande (Silwer)

Deur Seirdna
Datum gepubliseer: 14 Julie 2020 Aantal woorde: 35 380 Kere gelees 14

ek verlang na somersaande
en ‘n vuurtjie in die sand
die wind wat saggies suisel
oor die soutsmaak van die see
na die bloeisels in jou hare
en die aanraak van jou hand…

Seirdna (Silwer)




TEMAS
4 Kommentaar
  1. Anze

    14 Julie 2020

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Julie 2020 – Klanknabootsing projek

  2. Viooltjie

    15 Julie 2020

    Jy verlang mooi, Sierdna 😊

  3. morne du preez

    15 Julie 2020

    Pragtig Andries ek kan voel hoe die woorde selfs binne my laat verlang.

  4. Seirdna

    15 Julie 2020

    Dankie Anze, Viooltjie en Morne vir die lees.

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 59
Kommentaar telling: 91

Gebore in Oos Londen; Grootgeword in Steynsburg Noord-Oos Kaap. Getroud  3 seuns, twee kleinseuns en 'n kleindogter. Van kleins af lief vir skryf. Opstelle was my ding en ek was nog altyd versot op die digkuns. Mal oor sport; het van jongs af briewe vir die Springbok rugbyspelers geskryf en hul handtekeninge versamel. Het later self provinsiale rugby vir die destydse Transvaal (Leeus) gespeel en saam met my ou skoolhelde soos Kevin de Klerk op die veld gedraf. Het Dr. Craven ontmoet en in 'n Curriebeker eindstryd gespeel. Dit was ongelooflik. Daar is twee diersoorte wat deel is van my lewe en vorming nl. perde en honde. Perde is sus en honde is so, beide wonderlik in my wese ingegrafeer. Geen gedig kan die perd se grasie en prag, of die hond se liefde en toewyding genoeg vereer nie. Die digkuns trek my soos 'n magneet. Ek wil dig oor alles om en in my, met ritme en rym. Sou hierdie talent my onderskei; wil ek dit aan my Heer toewy en gedigte skryf met 'n kwinkslag ,wat dalk die dissipels laat lag en hopelik miskien eendag in die hemelse biblioteek geag en gelees word.      

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 141 gaste aanlyn

Bydraes – Argief