Hoewe van vrees
Hoewe van Vrees
Deur: Ryno du Plessis
Soos ’n trop wilde perde jaag vrees op my af uit die verte.
Helder wense, belemmer met stof tot in my denke.
Soos honderde hoewe se klap, loop niks meer seepglad.
Asem blaas—vrees is baas. Vasgevang in stemme van geraas.
Ruiter op die perd is hier tans niks werd.
Kan iets net iewers uitwerk?
Gedagtes kort en beperk, soekend na ’n regte merk.
Net vrees is wat hier wek.
©️ Ryno du Plessis
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.