Jongste aktiwiteit:

Pad na kammaland

Pad na Kammaland

Deur: Ryno du Plessis

Oor berg en dal—geen heuwels is te smal.

Hartbeskore lê die vlaktes verlore.

’n Nuwe dag is gebore.

Drome groei oor geld aan bome, dalk groei hul in boorde.

Vrede dans met vreugde; haat en kwaad het die pad verlaat.

Volg ’n pad waar hoop mag baat.

Langs die pad ontmoet ek wyse manne met goeie raad.

My droom gesmoor—ek kon dit byna hoor.

Terug op die pad na Kammaland vind ek myself steeds besig hier met gewone bome plant.

©️ Ryno du Plessis




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed