gewaarwording
die mooi
en die blink
wat vir jou wink
kan dikwels stink
soms dik aangeplak
onder room versteek
lê eergister se leed
skimblink geverf
met lippe getooi
in purper se rooi
maar oë kan nie lieg
fyn plooitjies wat vertel
van elke pynlik aardse hel
elke hoog en laagtepunt
beēndig lewe van kind
jeug in jou wat was
borrel bitter uit
in skewe lag;
slegs hoop
op beter
dag
is
wat
lewe
versag
Ó Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.