Fragment van jou
Wanneer jou mondhoeke glimlag
in harmonie met jou oë;
wéét ek
die note in jou glimlag
is strelende lerieke
in
Getoonsette
Liefde, binne die
Ikoon van
Medemenslikheid;
Lankmoedigheid;
Aandoenlikheidheid; en
Getrouheid
wanneer jou mondhoeke glimlag,
lees ek ‘n fragment van jou
——-oo00oo——-
©Pieter Mostert
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.