ek mis
dit is weer geel perske tyd
vars van boom vryf skoon hap
sakke vol vir inlê en vrugtesap
hierdie jaar sit ek ver te wyd
tafeldruiwe hang donker blou
soos manna uit Skeppershand
proe uit natgedoude prieël-rant
pitloos sluk sonder om te kou
ek mis die vars vrugte uit ons berg
daardie reeks blou berge van ons
waar loeries speel en mekaar terg
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.