Vir ‘n reënroeper
ek stuur vir jou ’n donker wolk
vol genade uit die Kaap;
ek weet jy weet wat ’n mens
met so ’n wolk moet maak
– jy steek jou arms uit
tot jou hande daaraan raak
jy bid en jy sê dankie…
net voordat jou vingers
vol riviere daaruit raap
© Carma Shaw
19 Desember 2019
5:58
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.