Daar’s ‘n Ou Man wat Huil
Daar’s ‘n ou man wat huil
in die park op ‘n bankie
as die kinders baljaar
in die vroe-môreson,
en die pa’s en die ma’s
met bont piekniekmandjies
wat kyk en wat lag
hulle aan kinders verstom,
en die ou man wat huil
in die park op die bankie
kyk terug op sy pad
maar dis leeg en dis krom
en die plooie word stroompies
wat oorspoel op die sandjies
van die wit stoppelbaard,
en drup op ou vingers dom,
en die ou man wat huil
in die park op die bankie
buig en bid sonder woorde
want hartseer is stom
oor die tye en kinders
met vuil kleuterhandjies
wat nooit weer sal wees nie
want sy tyd is nou om…..
© Anton Bosch 24/06/2014
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
See-Jay-El
Jy het jouself absoluut oortref. Dis briljant!!!