Kompas na geluk
Kompas na geluk
Deur: Ryno du Plessis
Roetes van hoop het ek geloop,
berge van geloof het ek geklim.
Riviere van vrees het ek ingeswem—
die stroom kon ek oorwin.
Geluk was nooit aan die anderkant nie;
dit was die verkeerde kaart.
Geluk was al die tyd net hier by my.
Nooit sal ek weer my eie menswees vermy nie.
©️ Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.