ervaar jou droom
uit die grys van donker wolke
uit mis wat kom oor die see
oor die stof van my duineê
waar meeue skril skreeu
klink die klanke van golwe
oor ons mooie baai
ek sal dankie sê, ek sal bid
ek sal opstaan, eksal aangaan
alles net om bly te wees
in my gedagtes versonke
verdwaal in my drome
oor tye ver in die verlede
skryf ek uit my hart
oor die wil en weë
van geheel my volk
onder verdrukking
wat staande bly en aanhou stry
waarlik nog in eie reg en kultuur
ons kindwees geborge
in die dagbreek van ons somer
na die bitter nag van smarte
breek daar sonstrale van ons jeug
deur die duister mag se donker
klink daar nuwe klanke
versprei oor lande en grense
klink ons stem helder op
dra ons woorde en werke
die vaandel van ons Here
deur die mis wat rus oor wit grafstene
breek die lied weereens helder op
staan op, staan op vir Jesus
op Sy almag vas vertrouend
een hand op Sy Woord
een hand aan die ploegstert
breek ons liefde deur die braakland
van ’n wêreld koud en vyandig
saai ons lig en vrede
© Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.