verbatim – Brons
Verbatim – Brons
wanneer my woorde jou nie waardig is nie
en jy dit weersinwekkend in die wind werp
ween ek nie…
wanneer jy my sinne in die stof neersmyt
en jou psigiese nyd seëvier
sanik ek nie…
nee!
ek gun my woorde die wind
wat hul warrel tot waar hulle waardeer word
en gee my sinne gelate (in geloof)
hul vryheid (vreesloos)
vir stof tot nadenke
in Afrikaans
©Retha van Deventer, November 2024.
2 Kommentare
-
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir November 2024 – OOP projek
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Tearlach
Ek hou hiervan