Jongste aktiwiteit:

die gladde stiltes in glas – Brons

d𝙞𝙚 𝙜𝙡𝙖𝙙𝙙𝙚 𝙨𝙩𝙞𝙡𝙩𝙚𝙨 𝙞𝙣 𝙜𝙡𝙖𝙨

 

waar blinkblou ster-oë in spieëls talm

hoor’k my siel se skril frekwensie

krete wat weerloos in die kosmos weergalm

stilstom blik verstrik

troosteloos in tyd

met uitgestrekte hande

soekend’ siel

tastend in refleksie

versplinter verlange in retrospeksie

gevangene van gister

wat na môre tru-kyk

glinster geloof vasgevang

in die draai van die ander wang

waar hoop tussen lood en glas aan’t skerwe spat

en sekondes verposend draal…

soos na-nag-ure

in volmaakte maansirkels stil kring

tussen toe

en

nou

 

 

Geïnspireer deur en met intertekstitel van: die gladde stiltes in glas deur Louis Esterhuizen

 

©Retha van Deventer, November 2024.

 




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed